Public school fees are a statutory duty in terms of the South African Schools’ Act No. 84 of 1996 (as amended). BOTH biological parents and/or where applicable, any guardian, are jointly and severally liable for the payment of school fees, irrespective of the parents’ marital status or divorce agreements. No divorce agreement can exempt a parents’ liability to the school.
The payment of school fees is COMPULSORY and the Governing Body has the right to enforce the payment thereof with a legal process (refer Article 40 and 41 of the Schools’ Act).
School fees are determined by means of a majority vote of parents at our annual Budget Meeting, usually held in October (refer Article 38(2) of South African Schools’ Act No. 84 of 1996).
Parents must take note that school fees are payable IN ADVANCE at the beginning of each new school year.
The school will however accept payment in equal installments over a 10 month period (January to October) in order to lighten the financial burden on parents. Grade R school fees must be paid strictly by the seventh of each month.
This concession to parents, in no way changes the fact that the payment of the school fees is a statutory duty and not a voluntary agreement, particularly not a credit agreement, as defined in terms of the National Credit Act.
Grade R is not compulsory education. Learners with overdue school fees will not be allowed to attend class until all overdue fees have been settled.
If school fees are not settled by the payment due date, the full outstanding annual balance, as at the date of non-payment, will become due and payable.
Sedgefield Primary reserves the right to hand the full outstanding amount over for collection.
Both biological parents’ and, where applicable, any guardian’s combined gross annual income (number 6.2 of the regulation) is used as a measure to calculate if an applicant qualifies for financial aid / exemption.
Criteria is determined by the Department of Education and only parents that meet the criteria as set-out, will be considered for financial aid / exemption.
Application forms must be completed and submitted annually. Forms are available from the finance office at the beginning of each year.
Laerskool Sedgefield is ‘n skoolgeld-betalende skool volgens Artikel 21 van die Suid-Afrikaanse Skolewet.
Openbare skoolfooie is ‘n statutêre verpligting in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet No. 84 van 1996 (soos gewysig). BEIDE biologiese ouers en/of waar van toepassing, enige voog, is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die betaling van die skoolfooie, ongeag die ouers se huweliksstatus of egskeidingsooreenkoms. Geen egskeidingsooreenkoms kan ‘n ouer vrystel van sy of haar finansiële plig teenoor die skool nie.
Die betaling van skoolfonds is VERPLIGTEND en die Beheerliggaam mag die betaling daarvan deur ‘n regsproses afdwing (verwys Artikel 40 en 41 van die Skolewet).
Ons jaarlikse Begrotingsvergadering word gewoonlik in Oktober gehou waartydens die jaarlikse skoolfonds by wyse van stemming deur ‘n meerderheid ouers vasgestel word (ingevolge Artikel 38(2) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996).
Ouers moet daarop let dat Graad R skoolgeld VOORUITBETAALBAAR is aan die begin van elke skooljaar.
In ‘n poging om die finansiële las van die ouers te probeer verlig, is die skool bereid om gelyke afbetalings op ‘n maandelikse basis toe te laat, wat strek oor 10 maande (Januarie tot Oktober). Graad R fooie is stiptelik betaalbaar teen die sewende dag van elke maand.
Hierdie toegewing aan ouers verander op geen wyse die feit dat die betaling van die skoolfonds ‘n statutêre plig is en nie ‘n vrywillige ooreenkoms nie, veral nie ‘n kredietooreenkoms soos beskryf in die bepalings van die Nasionale Kredietwet nie.
Graad R is nie-verpligtende onderwys. Indien enige betaling nie teen die betaaldatum ontvang word nie, word die volle uitstaande jaarbalans van skoolgeld, soos op datum van nie-betaling, onmiddelik volledig betaalbaar. Leerders met agterstallige fooie sal nie toegelaat word om klas by te woon tot alle uitstaande gelde nie betaal is nie.
Laerskool Sedgefield behou ook die reg om die volle uitstaande bedrag te oorhandig vir invordering.
Beide biologiese ouers en/of waar van toepassing, enige voog, sal gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir betaling van die uitstaande balans van die jaar se skoolgelde, sowel as vir alle regskostes van die invorderingsproses, op ‘n prokureur en kliënt skaal, rente en invorderingskommissie.
Dit is u plig om die skool se Finansiële Komitee te nader indien u nie u finansiële verpligtinge kan nakom nie.
Ouers wat nie die skoolfonds kan bekostig nie, mag by die Beheerliggaam aansoek doen vir algehele, gedeeltelike of voorwaardelike finansiële hulp / vrystelling van skoolgeld (prosedure soos in Art. 39 van die Skolewet).
Finansiële hulp of vrystelling word gefinansier as ‘n uitgawe-item op die skool se jaarlikse begroting. Dit beteken dat die vrystellings toegestaan befonds word deur die skoolfonds betaal deur ander ouers. Aansoeke om vrystelling moet dus met groot omsigtigheid deur ouers hanteer word.
Om te kwalifiseer vir enige finansiële hulp / vrystelling, word beide die biologiese ouers en/of waar van toepassing, enige voog, se gesamentlike jaarlikse bruto inkomste (punt 6.2 van die regulasie) as maatstaf gebruik.
Die kriteria word deur die Departement van Onderwys bepaal en slegs ouers wat aan die kriteria voldoen, sal in aanmerking kom vir finansiële hulp.
Aansoekvorms moet jaarliks voltooi en ingedien word en kan aan die begin van elke jaar by die finansiële kantoor afgehaal word.